Toekomsleer

Toekomsleer Portaal

 

Welkom by Toekomsleer Internasionaal (TI)

Visie:

Toekomsleer Internasionaal (TI) (Future Learning International – FLI) is ʼn waardegedrewe afstandonderrigstelsel wat deur kwaliteitgedrewe onderrig daarna streef om ʼn leerervaring te skep wat tuisonderwys herdefinieer om te verseker dat elke kind toegerus word om hulle volle potensiaal te verwesenlik sodat hulle hul roeping as wêreldburger in die samelewing met verantwoordelikheid kan vervul.

Missie:

TI strewe daarna om aan sy kliënte, skole en individue, ʼn omvattende wêreldklas onderwys- en ondersteuningsdiens te verskaf. 

Ons strewe na wêreldklas-produkte en goeie dienslewering aan almal betrokke.

 
online-education-is-the-future

Algemene Vrae & Antwoorde

Wie is TI?

TI is ‘n geregistreerde onafhanklike skool wat volledige tweetalige diens lewer.

Watter toerusting benodig ek?

Gebruikers het ‘n rekenaar of elektroniese tablet met goeie internettoegang en data nodig. Elke kursus sal as deel van die registrasieproses die betrokke kursus se unieke vereistes, evalueringsvereistes en -formaat of addisionele toerusting spesifiseer.

Skakel na die Portaal (Portal)

Volg die volgende skakel om in teken: TI Portaal